Genesing Vir Trauma: In Die Suid-Afrikaanse Konteks (Sagteband)
R199,86
10 in stock
Die tweede, hersiene uitgawe van Genesing vir Trauma is ’n diepgaande, omvattende handleiding wat steun op dekade lange eerstehandse ervaring in berading. Die tweede uitgawe is nie net volledig opgedateer en bygewerk nie, maar bevat ook nuwe hoofstukke, soos die hoofstuk oor die impak van Covid-19.
Beide beraders en slagoffers sal kan baat vind by die verstaanbare, relevante inhoud propvol algemene wysheid en geestelike begeleiding. Elke hoofstuk bevat waardevolle riglyne oor hoe om mense wat ‘n spesifieke vorm van trauma beleef het by te staan, en wel binne die Suid-Afrikaanse konteks.
Hierdie opgedateerde uitgawe spreek tot alle groepe binne die Suid-Afrikaanse samelewing. Hoewel die boek vanuit ‘n Christelike perspektief geskryf is, is die beradingstegnieke wetenskaplik-gefundeerd en kan dit deur ‘n wyer mark gebruik word. Individuele genesing het ’n genesende uitkringeffek op die gemeenskap wat vir almal van belang is. Yvonne Retief se sentrale boodskap is dat daar genesing en hoop vir slagoffers van trauma is.
Verkoopspunte:
• Skrywer is ‘n ervare en internasionaal-gerekende berader en opleier
• Nuwe uitgawe volledig opgedateer en bygewerk
• Relevante onderwerp vir ons tyd wat hoop bring
• Inhoud word op ‘n toeganklike en praktiese manier aangebied
• Hoog aangeskryf deur kenners op die gebied van trauma, soos dr. Thinus van Staden (Voorsitter: Traumanetwerk) en ander. (Sien agterplat en “Lof vir Genesing vir trauma” op bl. 11.)
• 152 x 228mm (W x H), sagteband
| Dimensions | 14 × 228 × 152 cm |
|---|---|
| Audience | |
| Language | |
| Stock | |
| Author |
Related products
Al Sou die Vyeboom Nie Bot Nie: Bybelstudie oor Habakuk Hersiene Uitgawe (Sagteband)
10 in stock
Amplified Outreach Bible (Paperback)
10 in stock
Bible Sudoku: 100 Sudoku Puzzles from Beginner to Master with Solutions (Paperback)
10 in stock
Can You Trust the Bible? (Paperback)
10 in stock
Discerning the Voice of God Bible Study Revised: How to Recognize when God Speaks PB
10 in stock
Exodus : Enter God’s Story Bible Study Book – Storyteller (Paperback)
10 in stock
The Bible Study Youth Edition: A 90-Day Study Of The Bible & How It Relates To You (PB)
10 in stock
Wanneer God Stilbly: ‘n 7-week-Bybelstudie oor Job (Sagteband)
10 in stock
