Soms Sê Jesus Nee (Sagteband)
R79,35
10 in stock
Het jy al ervaar dat die Here nee sê wanneer jy iets vra? Dit laat mense dikwels mismoedig en teleurgestel voel. As hulle egter maar net God se raadsplan geken het, sou hulle geweet het dat Hy ’n doel het wanneer Hy nee sê.
Isak Burger kyk in Soms sê Jesus nee: Waarom God se Nee soms beter as ‘n Ja is van nader na hierdie onderwerp deur te fokus op die verhaal van die besetene van Gadara. In die verhaal is daar drie versoeke aan Jesus. Die demone vra Hom om hulle in die varke in te dryf, en Jesus sê ja. Die inwoners van die dorpie vra Jesus om weg te gaan, en Jesus sê ja. Maar wanneer sy nuutste bekeerling, die man van Gadara, Hom vra of hy saam met Jesus kan gaan, sê Jesus nee. Eers jare later kan die rede vir Jesus se antwoord gesien word: Baie mense het tot geloof gekom as gevolg van dié man se getuienis – net daar waar hy was.
Net soos die man van Gadara nie kon verstaan hoekom Jesus nee gesê het nie, verstaan ons ook nie altyd die rede vir Jesus se antwoord nie. In Soms sê Jesus nee wys Isak Burger egter dat Jesus se antwoord altyd reg is, omdat Hy reeds weet wat op ons pad lê.
• Aan die einde van elke hoofstuk is daar vrae wat vir besprekings gebruik kan word of waaroor die leser net kan nadink
• Waar nodig word geskiedkundige, argeologiese en eksegetiese inligting deur middel van eindnote verklaar
• Aan die einde van die boek is daar twee gebede: ’n gebed om bevryding en ’n gebed vir onbeantwoorde gebed
| Dimensions | 8 × 209 × 148 cm |
|---|---|
| Audience | |
| Language | |
| Stock | |
| Author |
Related products
52 Weeks In The Word: A Companion For Reading / Bible / Year (Paperback)
10 in stock
Book Of Revelation Made Easy Series (Paperback)
10 in stock
CSB Outreach New Edition (Paperback)
10 in stock
Discerning the Voice of God Bible Study Revised: How to Recognize when God Speaks PB
10 in stock
Elijah, Bible Study Book: Faith and Fire: 7-Session Bible Study (Paperback)
10 in stock
Ewige beloftes: ’n 6-week-Bybelstudie (Sagteband)
10 in stock
The Gospel Of Mark Bible Study (Paperback)
10 in stock
Wanneer God Stilbly: ‘n 7-week-Bybelstudie oor Job (Sagteband)
10 in stock
