{"product_id":"anderkant-die-duisternis-sagteband","title":"Anderkant die Duisternis (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie pad van rou ná die verlies van ’n geliefde kan die ontstellendste en eensaamste ervaring wees wat jy nog ooit beleef het. In sulke tye is dit normaal om te wens vir ’n lewe anderkant jou hartseer. Sommige dae voel die blye weersiens so naby. Maar ander dae onthul ons verdriet die groot afstand tussen waar ons nou is en waar ons wens om te wees.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eKom in \u003cb\u003e\u003ci\u003eAnderkant die duisternis\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e saam met topverkoper-outeur Clarissa Moll op ’n 40 dae reis deur jou rousmart – en ontdek die liefdevolle teenwoordigheid van Christus wat jou nooit verlaat nie. Hoewel hierdie dagstukkie nie jou diepste smart kan genees nie, sal die inhoud jou help reoriënteer, jou versterk en jou gefokus hou terwyl jy die onbekende terrein van verlies betree. Elke dag bied Clarissa persoonlike wysheid en omgee deur:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eKragtige en eerlike nadenke oor pyn, dood, verlies en die veerkragtige hoop en genesing wat in die Skrif opgesluit is.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eGebede wat sy geskryf het om jou hartseer te verwoord.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ePraktiese aktiwiteite om jou op jou reis deur smart te lei.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003cp\u003eWaar jou reis deur rousmart jou ook al neem, sal jy vind dat God daar vir jou wag. Mag hierdie oordenkings jou aan sy liefdevolle teenwoordigheid herinner en jou die troos en moed gee om weer voluit te leef.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970691989806,"sku":"9780638010022","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9780638010022_front.jpg?v=1776551272","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/anderkant-die-duisternis-sagteband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}