{"product_id":"apokriewe-ou-en-nuwe-testament-bruin-sagteband","title":"Apokriewe: Ou en Nuwe Testament Bruin (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eNaas die 66 boeke wat ons in die Bybel vind, is daar ook ander geskrifte wat uit die tyd van die Ou en Nuwe Testament dateer, naamlik die Apokriewe Boeke. Hierdie verlore boeke uit die Bybelse tyd is in hierdie bundel nuut vertaal in moderne Afrikaans.\u003cbr\u003eDie \u003cb\u003e\u003ci\u003eApokriewe\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e maak vir lesers die venster oop tot ’n beter begrip van die denk- en leefwêreld van die vroeë Christene en die ou kerkvaders. Dit bied belangrike inligting oor die intertestamentêre tyd en gee antwoorde op vrae waaroor talle Bybellesers wonder. Dit bevat Ou-Testamentiese Apokriewe soos Die Wysheid van Ben Sirag, 1 en 2 Makkabeërs, Tobit en Die Wysheid van Salomo. Die Nuwe Testament sluit boeke soos Die Kindheidsevangelie van Tomas, Die Evangelie van Maria, Die Didagé en Die Openbaring van Paulus in.\u003cbr\u003eIn die \u003cb\u003e\u003ci\u003eApokriewe\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal lesers die fassinerende wêreld van die vroeg-Christelike biblioteek ontdek.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eElke boek bied:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eTydlyne wat die boek histories posisioneer t.o.v. ander belangrike gebeure\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eInligting oor deur wie, waar, wanneer en vir wie die boek geskryf is\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eDie waarde van dié spesifieke boek vir Christene vandag\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e’n Lys verwysings wat aandui waar die spesifieke Apokriewe Boek met die Bybel ooreenstem\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eVerrykingsblokkies wat die inhoud verhelder en begrippe duidelik maak\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eMeer as 35 000 eksemplare reeds verkoop\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970747597102,"sku":"9780638009026","price":499.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9780638009026_front.jpg?v=1776552755","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/apokriewe-ou-en-nuwe-testament-bruin-sagteband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}