{"product_id":"die-bybel-in-praktyk-rooi-en-swart-hardeband-studiebybel","title":"Die Bybel In Praktyk Rooi En Swart Hardeband Studiebybel","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Bybel in Praktyk\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n unieke Studiebybel in Afrikaans wat die Bybelleser sal help om sy kennis van en insig in die Woord van God te verbreed én te verdiep. Hierdie Bybel met die volledige teks van die Bybel in Afrikaans 1983\/1992 bevat verklaringsnotas en aantekeninge wat help om ’n Skrifgedeelte binne sy konteks te verstaan. Verder verskaf dit belangrike agtergrond en historiese inligting, dit verduidelik moeilike woorde en frases, en dit sluit ook kruisverwysings, karaktersketse, kaarte, rubrieke en diagramme in, wat telkens op dieselfde bladsy voorkom as die gedeelte waarop dit betrekking het.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie mees uitstaande kenmerk van \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Bybel in Praktyk\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is veral sy praktykgerigtheid: dit dra nie bloot feitelike Bybelkennis oor nie, maar wys die Bybelleser hoe dit wat in die Bybel geskryf staan, praktyk in sy lewe van elke dag kan word.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Bybel in Praktyk\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n wetenskaplik verantwoorde werk, saamgestel deur ’n paneel bekende teoloë volgens die jongste Bybeluitlegmetodes. Dit wil gelowiges help om die Bybel beter te begryp, maar óók sy daaglikse lewe daarvolgens te rig.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003e9.5-pt lettergrootte\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970750218542,"sku":"9781431626878","price":699.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9781431626878_front.jpg?v=1776552835","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/die-bybel-in-praktyk-rooi-en-swart-hardeband-studiebybel","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}