{"product_id":"die-doelgerigte-lewe-sagteband","title":"Die Doelgerigte Lewe (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie mees basiese vraag waarvoor elkeen in die lewe te staan kom, is: Hoekom is ek hier? Wat is my doel? Volgens Rick Warren lê die antwoord by God en sy ewige doel met elke mens se lewe. Ware betekenis en belang kom van insig in en vervulling van die doel waarvoor God ons op die aarde geplaas het.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie doelgerigte lewe stel lesers in staat om te begryp waaroor die lewe eintlik gaan, en om die lewe te begin leef waarvoor God hulle geskep het.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDeur die gebruik van Bybelse verhale en deur die Bybel self te laat praat, verduidelik Warren God se vyf doelwitte vir ons elkeen:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eOns is beplan vir God se behae: Jou eerste doel is om Hom opreg te aanbid\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOns is gevorm vir God se familie: Jou tweede doel is om opregte sielsgemeenskap te ervaar\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOns is geskep om soos Christus te word: Jou derde doel is om opregte dissipelskap te leer\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOns is gevorm om God te dien: Jou vierde doel is om opregte bediening te beoefen\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOns is gemaak vir ’n sending: Jou vyfde doel is om opregte Evangelieprediking uit te leef\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003cp\u003eHierdie hersiene en uitgebreide weergawe beklemtoon die vraag: Wat op aarde doen ek hier? Dit is ook die lewensboodskap van Rick Warren, stigterspastor van Saddleback Church. Die boek is in ’n boeiende styl geskryf en in 42 kort hoofstukke (ses weke) ingedeel wat as dagstukkies gelees kan word, deur kleingroepe bestudeer en deur kerke gebruik kan word.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970763882798,"sku":"9781415333488","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9781415333488_front.jpg?v=1776553225","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/die-doelgerigte-lewe-sagteband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}