{"product_id":"ester-en-die-koning-ek-kan-lees-sagteband","title":"Ester en die Koning Ek Kan Lees (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDit is nooit te vroeg om vir jou kleinding te begin lees nie. Daar is soveel voordele daaraan verbonde om boeke saam met klein kindertjies te lees. Lees verskaf die boustene vir hulle taalvaardigheid, stimuleer verbeelding en help kinders om van die wêreld om hulle te leer. Om vir ’n kind te lees is ’n ervaring wat ’n lewenslange liefde vir lees en leer bevorder. Die \u003ci\u003eEk kan lees!\u003c\/i\u003e-reeks is die ideale manier om jou kind se leesvaardighede te ontwikkel en terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan te wakker.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eIn die \u003ci\u003eEk kan lees!\u003c\/i\u003e-reeks se beginnersvlak word 3- tot 6-jariges bekendgestel aan die wonderlike wêreld van lees met geloofsgebaseerde stories om hulle te lei om God se Woord lief te hê. In \u003cb\u003e\u003ci\u003eEster en die koning\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e moet die dapper Ester, ’n jong Joodse meisie wat koningin word, haar mense probeer red. Sal die koning na haar luister? Is dit hoekom God haar koningin gemaak het?\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd met jou kleinding.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eOntwikkel kinders se leesvaardighede en wakker terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eDie eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd met jong kinders.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel \u003ci\u003eEsther and the King\u003c\/i\u003e.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970735440174,"sku":"9780638009057","price":34.99,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9780638009057_front.jpg?v=1776552411","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/ester-en-die-koning-ek-kan-lees-sagteband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}