{"product_id":"jesus-gee-die-mense-kos-ek-kan-lees-sagteband","title":"Jesus Gee die Mense Kos - Ek Kan Lees (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDaar is soveel voordele daaraan verbonde om saam met klein kindertjies te lees. Lees verskaf die boustene vir taalvaardigheid, stimuleer die verbeelding en help kinders om van die wêreld om hulle te leer. Om vir ’n kind te lees is ’n ervaring wat ’n lewenslange liefde vir lees en leer bevorder.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn die \u003ci\u003eEk kan lees!\u003c\/i\u003e-reeks se beginnersvlak word 3- tot 6-jariges bekendgestel aan die wonderlike wêreld van lees met geloofsgebaseerde stories om hulle te lei om God se Woord lief te hê.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eJesus gee die mense kos \u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003evertel die verhaal van een van Jesus se bekendste wonderwerke. Baie mense het na Jesus gaan luister terwyl Hy die mense geleer het, maar hulle het honger geraak! Daar was niks kos nie, behalwe een seuntjie se middagete. Wat gebeur toe hy dit met Jesus deel?\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd saam met jou kleinding.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eOntwikkel kinders tussen 3 en 6 jaar se leesvaardighede en wakker terselfdertyd hulle geestelike ontwikkeling aan.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eDie eenvoudige taalgebruik, woordherhaling en kleurvolle illustrasies in hierdie boekie is ideaal vir saamlees-tyd saam met jong kinders.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel \u003ci\u003eJesus Feeds the People\u003c\/i\u003e.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970735243566,"sku":"9780638003246","price":34.99,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9780638003246_front_1368c956-fe99-4db2-b066-34002c293266.jpg?v=1776552405","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/jesus-gee-die-mense-kos-ek-kan-lees-sagteband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}