Skip to product information
1 of 2

Klein Beertjie Praat die Waarheid (Sagteband)

Regular price
R 34.99
Regular price
Sale price
R 34.99
In stock

Description

Dit is vir baie kinders moeilik om die waarheid te praat, veral wanneer dit makliker is om te jok en daarmee weg te kom. Tog is dit baie belangrik om kinders te leer om altyd die waarheid te praat, maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Klein Beertjie praat die waarheid is ’n baie goeie manier om die kwessie van eerlikheid met 3- tot 6-jariges te bespreek. In hierdie avontuur is Klein Beertjie se maatjie baie kwaad vir hom toe hy vir hom jok. Mamma Beer vertel vir Klein Beertjie die verhaal van koningin Ester en hoe dit altyd beter is om die waarheid te praat – maak nie saak hoe moeilik dit is nie.

Hierdie boek leer kinders om eerlik te wees en om ’n goeie vriend te wees. Dit bevat ook vrae aan die einde oor die verhaal en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.

  • Bevat vrae oor die tema van die boek en idees oor hoe ’n mens meer hieroor in die Bybel kan leer.
  • 24 volkleur bladsye.
  • Ook beskikbaar in Engels onder die titel Clever Cub Tells the Truth.

Shipping and Returns

Return Policies

Klein Beertjie Praat die Waarheid (Sagteband)
Klein Beertjie Praat die..

R 34.99

Money Return
Free Delivery on orders over R1000
Welcome to store
Welcome to store
24/7 Online Support