{"product_id":"liefde-respek-sagteband","title":"Liefde \u0026 Respek (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eHet dit al ooit gevoel of jou man jou nie liefhet nie? Voel dit of jou vrou jou nie respekteer nie? Te veel huwelike eindig vandag in egskeiding omdat mans en vroue mekaar nie verstaan nie. In \u003ci\u003eLiefde en respek\u003c\/i\u003e openbaar dr. Emerson Eggerichs die geheim: Suksesvolle kommunikasie lê in die wete dat onvoorwaardelike respek vir hom net so belangrik is as onvoorwaardelike liefde vir haar.\u003cbr\u003eHierdie riglyne, getuienisse en humoristiese staaltjies sal paartjies help om nuut te begin. Hierdie revolusionêre boodskap is vir almal: dié wat gelukkig getroud is, eensaam is of wat ’n huwelikskrisis beleef. Dit is vir verloofde paartjies, slagoffers van buite-egtelike verhoudings en huweliksberaders wat inligting soek wat ’n huwelik kan red.\u003cbr\u003eDeur die riglyne in \u003ci\u003eLiefde en respek\u003c\/i\u003e toe te pas, kan paartjies nuwe vlakke van intimiteit beleef en die huwelik hê waarvan hulle nog altyd net gedroom het.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970750153006,"sku":"9781431626892","price":189.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9781431626892_front.jpg?v=1776552833","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/liefde-respek-sagteband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}