{"product_id":"my-tyd-met-god-word-daagliks-vernuwe-in-sy-teenwoordigheid-365-dagstukke-sagteband","title":"My Tyd met God: Word Daagliks Vernuwe in Sy Teenwoordigheid - 365 Dagstukke (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie daaglikse lewe kan uitdagend wees; ons aandag word maklik afgelei deur soveel dinge wat belangrik lyk. Maar om die lewe te leef wat God vir jou beplan het, moet jy tyd maak vir dit wat die belangrikste is, en die fondament van ’n vervulde lewe – jou verhouding met Hom.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eOor die verloop van drie jaar het Joyce Meyer in haar joernaal die persoonlike oordenkings en inspirasie neergepen wat haar besige lewe aangevuur het. Daardie oordenkings vorm \u003cb\u003e\u003ci\u003eMy tyd met God: : Word Daagliks Vernuwe in Sy Teenwoordigheid\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e, 365 dagstukkies wat die leser intieme insig gee in Joyce se geestelike reis.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eMet hierdie boek bied sy ’n praktiese manier om tyd saam met God deur te bring. Die dagstukkies bevat oordenkings wat spruit uit Joyce se lewe, opbouende verklarings en relevante Skrifgedeeltes om groter nabyheid met God aan te moedig.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie Bybelverse en persoonlike stories wat sy deel sal jou help om groter vreugde en vrede te ervaar danksy jou spesiale tyd met God. Jy sal meer doeltreffend deur die lewe kan gaan, beter besluite kan neem en die wonderlike lewe wat jy bestem was om te hê, vir jouself toe-eien.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":67652324491566,"sku":"9781776477999","price":149.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9781776477999_front.jpg?v=1791392808","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/my-tyd-met-god-word-daagliks-vernuwe-in-sy-teenwoordigheid-365-dagstukke-sagteband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}