{"product_id":"n-sterk-man-is-wys-30-dagstukke-oor-die-boek-spreuke-sagteband","title":"’n Sterk Man Is Wys: 30 Dagstukke oor die Boek Spreuke (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDaar word soveel druk op mans geplaas om sterk, wyse leiers en liefdevolle gesinsmans te wees. Daar is versoekings om elke draai en elke nuwe dekade bring nuwe uitdagings mee. Tog is die waarhede van die Skrif vandag nog geldig, en bied die wysheid van die Spreukeboek vir mans onontbeerlike raad en leiding om goddelike mans, eggenote en pa’s te wees.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eElkeen van die 30 kort en kragtige dagstukke in \u003cb\u003e\u003ci\u003e’n Sterk man is wys\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e fokus op ’n gedeelte uit Spreuke, met ’n oordenking, vraag vir nadenke, praktiese toepassing en gebed. Vince Miller se praktiese raad sal mans help om vas te staan voor die belangrikste uitdagings waarvoor hulle vandag te staan kom. Hy bespreek onder andere temas soos verhoudings, besluitneming, seksuele versoeking, geestelike volwassenheid en die krag wat woorde inhou.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003e’n Sterk man is wys\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal mans bemoedig, uitdaag en ’n Bybelse fondament gee wat hulle nodig het om in wysheid te groei.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003e30 dagstukke vir mans uit Spreuke.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eElke dagstuk bied ’n oordenking, vraag vir nadenke, praktiese toepassing en gebed.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ePlek vir notas en aantekeninge.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel A Strong Man Is Wise.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970699395374,"sku":"9780638010039","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9780638010039_front.jpg?v=1776551440","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/n-sterk-man-is-wys-30-dagstukke-oor-die-boek-spreuke-sagteband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}