Skip to product information
1 of 7

NLV Ligpienk Proteas Kunsleer Stiltetydbybel vir Vroue

Regular price
R 699.00
Regular price
Sale price
R 699.00
In stock

Description

Vroue moet dikwels baie rolle vervul en ’n fyn balans handhaaf tussen ma-wees, hul beroep en ook hul persoonlike behoeftes. Die Stiltetydbybel vir Vroue is daarom die ideale reisgenoot vir besige vroue en bied daaglikse wysheid, inspirasie en leiding.

Die daaglikse indelings van die Ou en Nuwe Testament, saam met gedeeltes uit Psalms en Spreuke, nooi vroue om die hele Bybel in ’n jaar deur te lees. Die oordenkings vir elke oggend en aand sal hulle bemoedig om hierdie Bybel jaar na jaar te lees terwyl hulle die Skrifwaarhede oor verhoudings, werk, familie, geloof, gebed en persoonlike groei in hulle lewens toepas.

Vertrek op ’n lewensveranderende reis deur die bladsye van Die Stiltetydbybel vir Vroue. Van besige oggende tot rustige aande, van die raadsaal tot die kombuis, hierdie Bybel is die perfekte metgesel vir jou daaglikse wandel met Christus.

  • Die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling
  • Daaglikse leesgedeeltes uit die Ou en Nuwe Testament, Psalms en Spreuke
  • 730 inspirerende oordenkings spesiaal vir vroue geskryf deur Nancy Taylor
  • Geskenk aan-bladsy
  • Merklint
  • 10 punt lettergrootte in enkelkolom geset
  • Tweekleur-binnekant (Swart en bessie)

Shipping and Returns

Return Policies

NLV Ligpienk Proteas Kunsleer Stiltetydbybel vir Vroue
NLV Ligpienk Proteas Kunsleer..

R 699.00

Money Return
Free Delivery on orders over R1000
Welcome to store
Welcome to store
24/7 Online Support