Die NLV Tematiese Studiebybel is ’n diepgrondige studie oor die temas van die Bybel, gebaseer op die vertroude teks van die Nuwe Lewende Vertaling. Ses van Suid-Afrika se voorste teoloë het saamgespan om die woorde en wêreld van die Bybel vir die hedendaagse leser te ontsluit.
Kenmerke van hierdie unieke Studiebybel:
- Die volledige teks van die Nuwe Lewende Vertaling.
- ’n Inleiding tot elke Bybelboek wat die agtergrond, opbou, outeurskap en boodskap van die boek uiteensit.
- Inleidende artikels tot die Ou en Nuwe Testament, die Pentateug, die historiese boeke, die digterlike en wysheidsboeke, die Profete, Paulus se briewe en die Apokaliptiek.
- 500+ artikels wat die hooftemas van die Bybel ontgin.
- 14 000+ studienotas wat woorde, frases, verse en perikope ontsluit, en konteks, breër agtergrond en dieper insig bied oor die hooftemas van die Bybel.
- 100+ persoonsprofiele oor belangrike Bybelfigure, soos Abraham, Dawid, Maria, Timoteus en Paulus.
- 50+ kaarte en diagramme wat sleutelplekke in die Bybel verhelder.
- Alfabetiese en tematiese indekse.
Die NLV Tematiese Studiebybel is ’n omvattende hulpmiddel wat Bybelstudie indringend sal verryk.
9-punt lettergrootte