{"product_id":"soms-se-jesus-nee-sagteband","title":"Soms Sê Jesus Nee (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eHet jy al ervaar dat die Here nee sê wanneer jy iets vra? Dit laat mense dikwels mismoedig en teleurgestel voel. As hulle echter maar net God se raadsplan geken het, sou hulle geweet het dat Hy ’n doel het wanneer Hy nee sê.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eIsak Burger kyk in \u003cb\u003e\u003ci\u003eSoms sê Jesus nee: Waarom God se Nee soms beter as 'n Ja is\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e van nader na hierdie onderwerp deur te fokus op die verhaal van die besetene van Gadara. In die verhaal is daar drie versoeke aan Jesus. Die demone vra Hom om hulle in die varke in te dryf, en Jesus sê ja. Die inwoners van die dorpie vra Jesus om weg te gaan, en Jesus sê ja. Maar wanneer sy nuutste bekeerling, die man van Gadara, Hom vra of hy saam met Jesus kan gaan, sê Jesus nee. Eers jare later kan die rede vir Jesus se antwoord gesien word: Baie mense het tot geloof gekom as gevolg van dié man se getuienis – net daar waar hy was.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eNet soos die man van Gadara nie kon verstaan hoekom Jesus nee gesê het nie, verstaan ons ook nie altyd die rede vir Jesus se antwoord nie. In \u003cb\u003e\u003ci\u003eSoms sê Jesus nee\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e wys Isak Burger egter dat Jesus se antwoord altyd reg is, omdat Hy reeds weet wat op ons pad lê.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eAan die einde van elke hoofstuk is daar vrae wat vir besprekings gebruik kan word of waaroor die leser net kan nadink\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eWaar nodig word geskiedkundige, argeologiese en eksegetiese inligting deur middel van eindnote verklaar\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eAan die einde van die boek is daar twee gebede: ’n gebed om bevryding en ’n gebed vir onbeantwoorde gebed\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970692350254,"sku":"9780638009507","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9780638009507_front.jpg?v=1776551275","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/soms-se-jesus-nee-sagteband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}