{"product_id":"sy-is-myne-sagteband-1","title":"Sy Is Myne (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e1875. Wanneer Kathryn Walsh in die myndorp Calvada aankom, is liefde die laaste ding waaraan sy dink. Haar welgestelde stiefpa het haar weggestuur uit Boston om ’n erflating te kom opeis van ’n oom wat sy nooit geken het nie: ’n klein koerantkantoortjie in die hoofstraat van ’n dorpie vol bordele en kroeë, en ’n skynbaar waardelose myn.\u003cbr\u003eKathryn besluit om haar oom se koerant weer op die been te bring en bevind haar kort voor lank midde-in ’n storm tussen twee van Calvada se magtigste mans. Kathryn is egter vasbeslote om aan te hou sê – en skryf – waarin sy glo.\u003cbr\u003eMatthias Beck, kroeg- en hotel-eienaar, sien onmiddellik dat die beeldskone, uitgesproke rooikop net so vasberade soos haar oom is. En hy weet haar strewe na geregtigheid kan ook háár dood veroorsaak ...\u003cbr\u003eDie aantreklike hotel-eienaar en die eiesinnige juffrou Walsh sien dat hulle tog vir dieselfde ding baklei: ’n dorp waarop hulle trots kan wees. Almal wil graag ryk word in die myndorpie, maar dit is ’n liefde baie kosbaarder as goud wat almal in die dorp uiteindelik sal red.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970697134382,"sku":"9781431625895","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9781431625895_front.jpg?v=1776551369","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/sy-is-myne-sagteband-1","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}