{"product_id":"van-vrees-na-vertroue-vir-elkeen-wat-op-soek-is-na-sekerheid-hardeband","title":"Van Vrees na Vertroue: Vir Elkeen Wat Op Soek Is na Sekerheid (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eHet jy geweet die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel nie, maar vrees? As jy angstig en bang vir die toekoms voel, sal die verhale in hierdie dagboek jou bemoedig om Jesus volkome te vertrou en daagliks sy teenwoordigheid op te soek.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie eerste ses maande in \u003cb\u003e\u003ci\u003eVan vrees na vertroue: Vir elkeen wat op soek is na sekerheid in ’n wêreld vol onsekerheid en vrees\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bevat insigte rondom die “moenie vrees nie”-verse in die Bybel. In die laaste ses maande verskuif die perspektief na Christus en hoe ons ons vrese kan oorkom deur God al hoe meer te vertrou en ’n Christus-gesindheid te kweek deur ses spesifieke bewegings; van die afleer van onsself tot by die beliggaming van ’n nuwe skepping.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie 365 dagstukke deel verhale en teksverse uit die Bybel, asook kosbare verhale van hedendaagse gelowiges wat God volkome vertrou het. Elke maand skop ook af met ’n spesiale sielsoefening met nadink-vrae of praktiese voorstelle. Ewald van Rensburg se unieke hart-tot-hart-skryfstyl sal jou inspireer om jou vrese vir God te gee en te sien dat Hy werklik die Een is wat ons volkome kan vertrou.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003e365 Bybelse dagstukke deur die gewilde skrywer Ewald van Rensburg\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eSielsoefening aan die begin van elke maand met nadink-vrae of praktiese voorstelle\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eBevat verskeie verhale van Bybelse en eietydse geloofshelde\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eEenkleur-drukwerk\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e392 bladsye\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970735669550,"sku":"9780638009491","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9780638009491_front.jpg?v=1776552418","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/van-vrees-na-vertroue-vir-elkeen-wat-op-soek-is-na-sekerheid-hardeband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}