{"product_id":"wie-is-ek-aktiwiteitsboek-sagteband","title":"Wie Is Ek? Aktiwiteitsboek (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eWil jy hê jou 8- tot 12-jarige moet op ’n prettige manier meer oor die Bybel leer?\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eWie is ek? Aktiwiteitsboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bevat stories oor 50 bekende én onbekende Bybelkarakters uit die Ou en Nuwe Testament. ’n Kriptiese leidraad word vir elke karakter gegee, met ’n gekodeerde boodskap. Sodra die boodskap ontsluit is deur spesiale kodes te gebruik, kan kinders lees oor die karakter.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eKinders sal groot pret hê deur voor te gee dat hulle speurders is wat die raaisels moet oplos om die geheim van die karakter se identiteit te ontrafel. Verder is daar ook ander aktiwiteite soos ’n resep vir onsigbare ink en instruksies oor hoe om jou eie vingerafdrukke te neem om die speurder-pret mee af te sluit.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eBybelsgebaseerde aktiwiteite vir 8- tot 12-jariges.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eBevat 50 gekodeerde boodskappe wat die identiteit van 50 Bybelkarakters onthul, asook meer inligting oor elke karakter.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eDie ontsluit van kodes slyp konsentrasie en aandag aan detail.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eSluit wenke en interessante feite vir speurders in, asook ekstra aktiwiteite.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eIdeaal as aanvulling tot tuisonderrig- en Sondagskool-kurrikulums.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOok beskikbaar in Engels onder die titel \u003ci\u003eWho Am I? Activity Book\u003c\/i\u003e.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"Christian Art Distributors","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51970735636782,"sku":"9780638003208","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0986\/7903\/0062\/files\/9780638003208_front.jpg?v=1776552417","url":"https:\/\/goodcraft.store\/products\/wie-is-ek-aktiwiteitsboek-sagteband","provider":"Goodcraft Store","version":"1.0","type":"link"}